Matthew 7:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Pasop vir die valse profete wat in skaapsklere na julle toe kom, maar van binne roofsugtige wolwe is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Pas op vir die vals profete. Op die oog af lyk hulle soos onskuldige lammetjies, maar in werklikheid is hulle gulsige wolwe. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is. |
| Afrikaans 1983 | “Pas op vir die vals profete. Hulle kom na julle toe in skaapsklere, maar in werklikheid is hulle verskeurende wolwe. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Wees op julle hoede vir die vals profete wat in skaapsklere na julle kom, maar in hulle binneste wolwe is wat verskeur. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Pasop vir vals profete. Hulle kom na julle toe en hulle lyk soos skape, maar hulle is nie skape nie, hulle is gevaarlike wolwe. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Julle moet lig loop vir mense wat die goeie nuus verdraai. Hulle kom na julle toe met allerhande mooi godsdienstige praatjies, maar eintlik is hulle so gevaarlik soos ’n spul wolwe. |