Matthew 7:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Gaan in deur die nou poort, want wyd is die poort en breed is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan.
Afrikaans (NLV) 2011 “Gaan die koninkryk deur die nou poort binne. Want wyd is die poort, en breed is die pad wat na ondergang lei, en daar is massas mense wat daar ingaan.
Afrikaans 1933/1953 Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan.
Afrikaans 1983 “Gaan deur die nou poort in. Die poort wat na die verderf lei, is wyd en die pad daarheen breed, en dié wat daardeur ingaan, is baie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Gaan deur die nou poort in. Want breed is die pad en wyd die poort wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur binnegaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Julle moet by die klein hekkie ingaan. Want die hek na die hel is groot, en dit is maklik om op daardie pad te loop. Baie mense gaan deur die groot hek.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Natuurlik is dit nie maklik om te doen wat die Bybel vra nie.