Matthew 6:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Moet julle dan nie soos hulle wees nie, want julle Vader weet watter dinge julle nodig het voordat julle Hom vra.
Afrikaans (NLV) 2011 Moenie soos hulle maak nie, want julle Vader weet presies wat julle behoeftes is, selfs nog voordat julle Hom vra!
Afrikaans 1933/1953 Moet dan nie soos hulle word nie, want jul Vader weet wat julle nodig het voordat julle Hom vra.
Afrikaans 1983 Moet dan nie soos hulle maak nie, want julle Vader weet wat julle nodig het, nog voordat julle dit van Hom vra.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Moenie soos hulle wees nie, want julle Vader weet wat julle nodig het nog voordat julle Hom vra.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moenie soos hulle bid nie. Want julle Vader weet wat julle nodig het, Hy weet dit voordat julle dit vir Hom vra.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Moenie soos hulle maak nie. Onthou: jou Vader in die hemel weet presies wat jy nodig het. Nog voordat jy bid, weet Hy al lankal wat in jou kop aangaan.