Matthew 6:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die lig van die liggaam is die oog; as jou oog dus enkel is, sal jou hele liggaam vol lig wees.
Afrikaans (NLV) 2011 “Jou oog is ’n lamp vir jou liggaam. ’n Suiwer oog laat die lig instroom sodat jou binneste geheel en al lig word.
Afrikaans 1933/1953 Die lamp van die liggaam is die oog. As jou oog dan reg is, sal jou hele liggaam verlig wees.
Afrikaans 1983 “Die lamp van die liggaam is die oog. As jou oog goed is, sal jou hele liggaam lig hê.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Die oog is die lamp van die liggaam. As jou oog suiwer is, sal jou hele liggaam verlig wees.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Jou oog wys hoe jy is. As jou oog reg kyk en jy sien wanneer mense swaarkry en jy help hulle, dan is jy vol lig.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “As jy hemelse skatte wil opgaar, sorg dan dat jy jou oë deur die Here laat instel sodat jy op die regte manier daarmee kan kyk. Jou oë is soos ’n lig. As jy op die regte manier daarmee kyk, maak dit alles in jou lewe helder.