Matthew 5:46 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want as julle dié liefhet wat vir julle liefhet, watter loon het julle? is selfs die tollenaars nie dieselfde nie?
Afrikaans (NLV) 2011 “As julle net dié liefhet wat vir julle liefhet, watter beloning is daar dan vir julle? Selfs korrupte tollenaars doen presies dieselfde.
Afrikaans 1933/1953 Want as julle liefhet die wat vir julle liefhet, watter loon het julle? Doen die tollenaars nie ook dieselfde nie?
Afrikaans 1983 As julle net dié liefhet wat vir julle liefhet, watter loon kan julle dan nog verwag? Maak die tollenaars nie ook maar net so nie?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) As julle diegene liefhet wat vir julle liefhet, verdien julle dan enige beloning? Maak die •tollenaars nie ook maar so nie?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) As julle lief is net vir mense wat ook lief is vir julle, dan sal God nie daaroor goed wees vir julle nie. Die tollenaars doen presies dieselfde.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “As julle net daardie mense liefhet met wie julle goed oor die weg kom, moet julle nie verwag om daarvoor ’n medalje vir goeie diens by God te kry nie. Almal doen dit tog, ook slegte mense wat nie in God glo nie.