Matthew 5:41 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En elkeen wat jou verplig om 'n myl te gaan, gaan saam met hom twee. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As ’n soldaat jou dwing om sy goed een kilometer ver te dra, dra dit vir hom twee kilometer ver. |
| Afrikaans 1933/1953 | En elkeen wat van jou een myl afdwing, loop met hom twee myl saam. |
| Afrikaans 1983 | As iemand jou dwing om sy goed een kilometer ver te dra, dra dit vir hom twee kilometer. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En as iemand een myl van jou afdwing, loop twee myl met hom saam. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As 'n soldaat sê jy moet sy goed een myl ver dra, dan moet jy dit twee myl ver dra. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “As ’n soldaat na jou toe kom en jou beveel om sy rugsak ’n kilometer ver te dra, moet jy sommer uit jou eie aanbied om dit twee kilometer ver te dra. |