Matthew 5:40 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En as iemand jou vir die wet wil dagvaar en jou mantel wegneem, laat hom ook jou mantel kry.
Afrikaans (NLV) 2011 En gee vir hulle wat jou hof toe wil vat omdat hulle jou onderkleed wil hê, ook jou bo-kleed.
Afrikaans 1933/1953 En hy wat met jou na die gereg wil gaan en jou onderkleed wil neem, laat hom ook die bo-kleed kry.
Afrikaans 1983 As iemand jou hof toe wil vat om jou onderklere te eis, gee hom ook jou boklere.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En as iemand jou voor die hof wil daag en jou onderkleed wil vat, gee hom ook die bokleed.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) As hy jou hof toe wil vat omdat hy jou onderkleed wil hê, gee dan ook jou bo-kleed vir hom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) En as iemand jou hof toe wil vat oor iets wat jy hom skuld, gee dit dadelik vir hom terug. Sluit ook sommer ’n groot geskenk daarby in om die vrede te bewaar.