Matthew 5:39 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar Ek sê vir julle dat julle die kwaad nie weerstaan nie; maar elkeen wat jou op jou regterwang slaan, draai ook die ander wang na hom toe. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar Ek sê vir julle, julle moet julle nie teen ’n slegte mens verset nie. As mense jou op jou regterwang klap, draai vir hulle ook jou ander wang. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar Ek sê vir julle dat julle 'n slegte mens nie moet weerstaan nie; maar as iemand jou op jou regterwang slaan, draai ook die ander een na hom toe. |
| Afrikaans 1983 | Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle nie teen 'n kwaadwillige mens verset nie. As iemand jou op die regterwang slaan, draai ook die ander wang na hom toe. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar Ek sê vir julle dat julle nie 'n slegte mens moet teengaan nie. Nee, as iemand jou op jou regterwang klap, draai ook die ander een vir hom. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar Ek sê vir julle: Moenie keer wanneer iemand slegte dinge doen aan jou nie. As hy jou op jou regter-wang klap, draai dan die ander wang na hom toe, sodat hy jou daar ook kan klap. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Ek sê egter vandag vir julle: julle moenie mense wat julle sleg behandel probeer terugkry nie. As iemand jou deur die gesig klap om jou te verneder moet jy dit maar vat. Moenie terugslaan nie. |