Matthew 5:37 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar laat julle kommunikasie wees: Ja, ja; Nee, nee, want alles wat meer is as dit, kom uit die kwaad.
Afrikaans (NLV) 2011 “Sorg dat julle ja altyd ja bly en julle nee altyd nee. Enigiets meer as dit is uit die bose.”
Afrikaans 1933/1953 Maar laat julle woord wees: Ja ja, nee nee. Wat meer as dit is, is uit die Bose.
Afrikaans 1983 Laat julle ‘ja’ eenvoudig ‘ja’ wees en julle ‘nee’, ‘nee’. Wat meer gesê word as dit, kom van die Bose.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Laat die woord ‘ja’ by julle werklik ‘ja’ wees, en julle ‘nee’ ‘nee’. Meer as dit is uit die bose.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Sê ‘ja’ wanneer julle ‘ja’ wil sê, en sê ‘nee’ wanneer julle ‘nee’ wil sê. Dit is die duiwel wat vir julle meer as dit laat sê.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Sê net ja en gaan doen dit. Of sê nee en doen dit. As julle enigiets meer as dit sê om te wys julle praat die waarheid, doen julle verkeerd. Dan praat julle nie soos God wil hê julle moet praat nie.”