Matthew 5:34 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar Ek sê vir julle: Sweer glad nie; ook nie by die hemel nie; want dit is God se troon:
Afrikaans (NLV) 2011 Maar Ek sê vir julle, julle moet glad nie sweer nie. “As jy sê: ‘Ek sweer by die hemel,’ dan is dit nog steeds ’n heilige eed omdat die hemel God se troon is.
Afrikaans 1933/1953 Maar Ek sê vir julle: Sweer hoegenaamd nie -- nie by die hemel nie, omdat dit die troon van God is;
Afrikaans 1983 Maar Ek sê vir julle: Moet glad nie 'n eed aflê nie, nie by die hemel nie, want dit is die troon van God;
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar Ek sê vir julle: Julle moet hoegenaamd nie sweer nie – nie by die hemel nie, omdat dit die troon van God is;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar Ek sê vir julle: Jy moet nooit iets belowe en sê die Here is die getuie nie. Julle moenie iets belowe en sê die hemel is die getuie nie, want die hemel is die troon van God.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Ek sê egter vandag vir julle dat julle nooit ’n belofte in die Naam van God moet maak nie. Wanneer julle by allerhande heilige plekke sweer om gesag aan julle woorde te gee, maak julle God se groot Naam goedkoop.