Matthew 5:33 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Weereens, julle het gehoor dat daar deur hulle van ouds gesê is: Jy mag jouself nie sweer nie, maar jy moet jou eed aan die Here nakom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Verder het julle gehoor dat daar vir ons voorouers gesê is: ‘Jy mag nie ’n vals eed aflê nie. Jy moet ’n eed wat jy voor die Here gesweer het, nakom.’ |
| Afrikaans 1933/1953 | Verder het julle gehoor dat aan die mense van die ou tyd gesê is: Jy mag nie vals sweer nie, maar jy moet jou ede aan die Here hou. |
| Afrikaans 1983 | “Verder het julle gehoor dat daar van die ou tyd af aan die mense gesê is: ‘Jy mag nie jou eed verbreek nie, en 'n eed in die Naam van die Here moet jy nakom.’ |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Verder het julle gehoor dat vir die voorouers gesê is, ‘Jy mag nie 'n eed verbreek nie, maar jy moet jou geloftes aan die Here nakom.’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Julle weet ook die wette sê: ‘ Jy moenie iets belowe wat jy nie wil doen nie,’ en ‘as jy vir die Here iets belowe het, dan moet jy dit doen.’ |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Julle voorouers moes gereeld uitsprake aanhoor soos: ‘Jy mag nooit ’n belofte verbreek wat jy voor God gemaak het nie. Jy moet al jou beloftes wat jy aan die Here gemaak het, nakom.’ |