Matthew 5:32 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat van sy vrou skei, behalwe vir die oorsaak van hoerery, haar laat egbreuk pleeg; en elkeen wat met haar geskei is, pleeg egbreuk. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar Ek sê vir julle, elkeen wat van sy vrou skei, behalwe oor huweliksontrou, veroorsaak dat sy egbreuk pleeg. En elkeen wat met so ’n geskeide vrou trou, pleeg ook egbreuk.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat van sy vrou skei, behalwe omrede van hoerery, maak dat sy egbreuk pleeg, en elkeen wat die geskeie vrou trou, pleeg egbreuk. |
| Afrikaans 1983 | Maar Ek sê vir julle: Elkeen wat van sy vrou skei behalwe oor owerspel, maak dat sy egbreuk pleeg, en iemand wat met die geskeide vrou trou, pleeg ook egbreuk.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar Ek sê vir julle, elkeen wat van sy vrou skei, behalwe weens owerspel, veroorsaak dat sy egbreuk pleeg, en wie met die geskeide vrou trou, pleeg ook egbreuk. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar Ek sê vir julle: Wanneer iemand van sy vrou skei, en die vrou trou weer, dan pleeg sy egbreuk, en dan is dit die man se skuld. En elke man wat met 'n geskeide vrou trou, pleeg egbreuk. 'n Man mag net van sy vrou skei as sy seks gehad het met 'n ander man.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Ek sê egter vandag vir julle: julle mag glad nie skei nie. Dis teen God se wil. Jy mag net van jou vrou skei as sy by iemand anders geslaap het. As jy oor enige ander rede van haar skei, maak jy dat jou vrou owerspel pleeg as sy later weer trou. Omdat haar eerste huwelik nog steeds in God se oë voortgaan, is sy en haar nuwe man dan skuldig aan egbreuk.” |