Matthew 5:30 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En as jou regterhand jou laat struikel, kap dit af en gooi dit van jou af weg; want dit is vir jou nuttig dat een van jou lede vergaan en nie dat jou hele liggaam in die hel gewerp word nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Net so, as jou regterhand jou laat struikel, kap dit af en gooi dit weg van jou af. Dit is vir jou beter om net een van jou liggaamsdele te verloor as dat jou hele liggaam in die hel eindig.”
Afrikaans 1933/1953 En as jou regterhand jou laat struikel, kap dit af en gooi dit weg van jou af; want dit is vir jou beter dat een van jou lede vergaan en nie jou hele liggaam in die hel gewerp word nie.
Afrikaans 1983 Of as jou regterhand jou laat struikel, kap hom af en gooi hom van jou af weg; want dit is vir jou beter dat net een van jou ledemate verlore gaan as dat jou hele liggaam in die hel beland.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En as jou regterhand jou laat struikel, kap dit af en gooi dit van jou weg. Want dit is voordeliger vir jou dat net een van jou ledemate verlore gaan as dat jou hele liggaam in Gehenna beland.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) As jou regter-hand jou laat sonde doen, kap dit af en gooi dit weg, want dan verloor jy net 'n hand en dan sal jou hele liggaam nie hel toe gaan nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Kap dadelik jou hand af as jy agterkom dat jy dinge doen waarvan God niks hou nie. Leef liewer met net een hand, hoe moeilik dit ook al is, as om te doen wat jy wil. Onthou: sulke verkeerde dade gaan nog maak dat jy in die hel beland. En wat help twee gesonde hande jou in die hel?”