Matthew 5:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want Ek sê vir julle, as julle geregtigheid nie die geregtigheid van die skrifgeleerdes en Fariseërs oortref nie, julle in geen geval in die koninkryk van die hemele sal ingaan nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Want Ek sê vir julle, as julle nie die skrifkenners en die Fariseërs oortref in hoe julle God se wil uitleef nie, sal julle beslis nie toegelaat word in sy koninkryk nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Want Ek sê vir julle dat, as julle geregtigheid nie oorvloediger is as die van die skrifgeleerdes en Fariseërs nie, julle nooit in die koninkryk van die hemele sal ingaan nie. |
| Afrikaans 1983 | Ek sê vir julle: As julle getrouheid aan die wet nie meer inhou as dié van die skrifgeleerdes en die Fariseërs nie, sal julle nooit in die koninkryk van die hemel ingaan nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Want Ek sê vir julle, as julle •geregtigheid nie aansienlik meer is as dié van die skrifkenners en die •Fariseërs nie, sal julle beslis nie die koninkryk van die hemele binnegaan nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek sê vir julle, en dit is seker: Julle moet gehoorsaam wees en doen wat God wil hê, meer gehoorsaam as die skrifgeleerdes en die Fariseërs. As julle dit nie doen nie, dan sal julle nie by God kan kom nie, by God, die Koning wat in die hemel is.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Maar nou moet julle baie mooi luister. Julle moenie die fout maak om die wet van God op dieselfde manier te probeer gehoorsaam as julle godsdienstige leiers nie. Nee, julle sal die wet nog baie strenger as hulle moet gehoorsaam as julle ’n plek wil hê in God se nuwe wêreld. Kom Ek gee julle ’n paar voorbeelde hoe julle dit moet doen.” |