Matthew 5:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Geseënd is julle wanneer die mense julle beledig en vervolg en valslik allerhande kwaad teen julle spreek, om My ontwil. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Gelukkig is julle wanneer julle bespot en vervolg word en allerhande leuens oor julle versprei word omdat julle my dissipels is. |
| Afrikaans 1933/1953 | Salig is julle wanneer die mense julle beledig en vervolg en valslik allerhande kwaad teen julle spreek om My ontwil. |
| Afrikaans 1983 | “Geseënd is julle wanneer die mense julle ter wille van My beledig en vervolg en valslik al wat sleg is van julle sê. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Gelukkig is julle wanneer die mense julle om My ontwil beledig en vervolg en vals beskuldig van alles wat sleg is. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Julle is gelukkige mense wanneer ander mense julle beledig en slegte dinge doen aan julle omdat julle My dien. Julle is gelukkige mense wanneer hulle slegte stories oor julle vertel wat alles leuens is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Gelukkig is julle wanneer ander mense julle te lyf gaan, julle slegsê en ’n klomp leuens oor julle vertel omdat julle my volgelinge is. |