Matthew 4:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En sê vir hom: As U die Seun van God is, werp Uself neer; want daar is geskrywe: Hy sal sy engele bevel gee aangaande jou; 'n klip. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe sê hy vir Hom: “As jy regtig die Seun van God is, spring dan hier af. Daar staan mos in die Skrif geskryf: ‘God sal aan sy engele opdrag gee om jou te beskerm. En hulle sal jou op die hande dra sodat jy nie dalk jou voet teen ’n klip stamp nie.’” |
| Afrikaans 1933/1953 | en sê vir Hom: As U die Seun van God is, werp Uself af; want daar is geskrywe: Hy sal sy engele bevel gee aangaande U, en hulle sal U op die hande dra, sodat U nie miskien u voet teen 'n klip stamp nie. |
| Afrikaans 1983 | en sê vir Hom: “As U die Seun van God is, spring af! Daar staan mos geskrywe: “Hy sal sy engele oor jou opdrag gee “en: “Op hulle hande sal hulle jou dra, sodat jy nie jou voet teen 'n klip sal stamp nie. ” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en sê vir Hom: “As u die Seun van God is, spring hier af! Daar staan immers geskryf, “ ‘Hy sal sy engele opdrag oor jou gee – op hulle hande sal hulle jou dra, sodat jy nie dalk teen 'n klip jou voet stamp nie.’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die duiwel sê toe vir Jesus: “As Jy die Seun van God is, spring dan hier af, want in die Ou Testament is geskryf: “ God sal vir sy engele sê hulle moet jou beskerm, en hulle sal jou op hulle hande dra sodat jy nie jou voet sal stamp teen 'n klip nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy sê toe vir Jesus: “Bewys dat jy regtig God se Seun is. Spring hier af! Daar staan mos in die Bybel geskryf: ‘God het vir sy engele gesê dat hulle jou moet beskerm. Hulle sal jou op hulle hande dra sodat jy nie eens jou voet teen ’n klip sal stamp nie.’” |