Matthew 4:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En daarvandaan het hy nog twee broers gesien, Jakobus, die seun van Sebedeüs, en Johannes, sy broer, in 'n skip saam met hulle vader Sebedeüs, besig om hulle nette reg te maak; en hy het hulle geroep.
Afrikaans (NLV) 2011 ’n Entjie verder het Hy twee ander broers gesien: Jakobus, die seun van Sebedeus, en sy broer Johannes. Hulle was in die boot besig om saam met hulle pa aan hulle nette te werk. Daarop roep Hy hulle om ook te kom.
Afrikaans 1933/1953 En toe Hy daarvandaan verder gaan, sien Hy twee ander broers, Jakobus, die seun van Sebed,s, en Johannes, sy broer, in die skuit saam met hulle vader Sebed,s, besig om hulle nette heel te maak; en Hy het hulle geroep.
Afrikaans 1983 Toe Hy daarvandaan verder gaan, sien Hy twee ander broers: Jakobus 'n seun van Sebedeus, en sy broer Johannes. Hulle was in 'n skuit saam met hulle pa besig om hulle nette reg te maak. Jesus het hulle geroep,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het van daar af verder geloop en twee ander broers gesien: Jakobus, die seun van Sebedeus, en sy broer Johannes. Hulle was saam met hulle vader Sebedeus in die boot besig om hulle nette heel te maak, en Hy het hulle geroep.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jesus het verder gegaan en toe sien Hy twee ander broers, Jakobus en Johannes. Hulle was die seuns van Sebedeus. Hulle was in die boot saam met hulle pa en hulle was besig om hulle visnette reg te maak. Jesus het hulle geroep om saam met Hom te kom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ’n Entjie verder het Jesus op nog twee broers afgekom, Johannes en Jakobus. Saam met hulle pa, Sebedeus, was hulle hard aan die werk om hulle visnette heel te maak. Jesus het by hulle gaan staan en ook vir hulle gesê om alles net so te los en sy volgelinge te word.