Matthew 4:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Van toe af het Jesus begin preek en sê: Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Van toe af het Jesus begin om God se boodskap aan te kondig met die woorde: “Kom tot inkeer! God se koningsheerskappy gaan nou enige oomblik begin!” |
| Afrikaans 1933/1953 | Van toe af het Jesus begin om te preek en te sê: Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom. |
| Afrikaans 1983 | Van toe af het Jesus begin preek en gesê: “Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Van toe af het Jesus met sy verkondiging begin en gesê: “Bekeer julle, want die •koninkryk van die hemele is op hande.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Van toe af het Jesus begin preek en gesê: “Julle moet nou begin lewe soos God wil hê, want God wat in die hemel is, is Koning oor almal, en van nou af sal almal dit weet.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Van toe af het Jesus ook begin preek. Hy het vir die mense gesê: “Julle moet julle lewe radikaal verander, want God se nuwe wêreld is hier!” |