Matthew 4:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe Jesus hoor dat Johannes in die tronk gewerp is, het Hy na Galiléa vertrek; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe Jesus hoor dat Herodes vir Johannes gearresteer het, het Hy Judea verlaat en na Galilea teruggekeer. |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe Jesus hoor dat Johannes in die gevangenis gesit was, het Hy na Galil,a teruggegaan. |
| Afrikaans 1983 | Toe Jesus hoor dat Herodes vir Johannes in die tronk laat opsluit het, het Hy na Galilea toe gegaan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe Jesus hoor dat Johannes in hegtenis geneem is, het Hy na Galilea teruggekeer. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Koning Herodes het vir Johannes die Doper laat vang en hy het Johannes in die tronk toegesluit. Toe Jesus dit hoor, het Hy na die provinsie Galilea gegaan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Later, nadat Jesus uit die woestyn teruggekeer het, het Hy gehoor dat Johannes die Doper in die tronk gegooi is. Hy het toe teruggegaan Galilea toe. |