Matthew 28:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En terwyl hulle gaan om dit aan sy dissipels te vertel, kom Jesus hulle tegemoet en sê: Wees gegroet! En hulle het gekom en Hom aan die voete vasgehou en Hom aanbid. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | En toe, meteens, daar staan Jesus voor die vroue, en Hy sê: “Goeiedag, almal!” Hulle hardloop na Hom toe, gryp sy voete vas en aanbid Hom. |
| Afrikaans 1933/1953 | En terwyl hulle op weg was om dit aan sy dissipels te vertel, kom Jesus hulle meteens teë en sê: Wees gegroet! Toe kom hulle nader en gryp sy voete en aanbid Hom. |
| Afrikaans 1983 | Skielik het Jesus daar voor die vroue gestaan en hulle gegroet. Hulle het nader gekom, sy voete gegryp en Hom aanbid. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Onverwags het Jesus hulle tegemoet gekom en gesê: “Gegroet!” Hulle gaan toe nader, gryp sy voete en aanbid Hom. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Skielik het Jesus daar voor hulle gestaan en Hy het vir hulle gesê: “Ek groet julle!” Die vroue kom toe na Jesus toe. Hulle het aan sy voete geraak en Hom aanbid. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Terwyl hulle afsit huis toe, kom hulle skielik vir Jesus self teë. Daar het Hy gestaan. |