Matthew 28:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het vinnig van die graf af weggegaan met vrees en groot blydskap; en het wel gehardloop om sy dissipels woord te bring.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het toe haastig van die graf af weggegaan. Oorstelp van skok, maar nog meer van ’n ontsaglike blydskap, het hulle gehardloop om die boodskap aan sy dissipels te gaan gee.
Afrikaans 1933/1953 En hulle het haastig weggegaan van die graf met vrees en groot blydskap, en gehardloop om dit aan sy dissipels te vertel.
Afrikaans 1983 Hulle het toe haastig van die graf af weggegaan, bang maar baie bly, en hulle het gehardloop om dit aan die dissipels te vertel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Met vrees en groot blydskap het hulle haastig van die graf af weggegaan en gehardloop om die boodskap aan sy dissipels oor te dra.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die vroue het gou weggegaan van die graf. Hulle was bang en baie bly en hulle het gehardloop om dit vir die dissipels te vertel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die vroue het nie op hulle laat wag nie. Hulle hardloop toe so vinnig as wat hulle kon huis toe om vir die dissipels te gaan vertel. Van skrik het hulle bene nog maar gebewe, maar hulle harte het van pure blydskap vinnig geklop.