Matthew 28:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En gaan gou en sê vir sy dissipels dat Hy uit die dood opgestaan het; en kyk, Hy gaan voor julle uit na Galiléa; daar sal julle Hom sien; kyk, Ek het dit vir julle gesê. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | En gaan sê nou dadelik vir sy dissipels: ‘Jesus is uit die dood opgewek, en Hy gaan julle solank vooruit Galilea toe. Julle sal Hom dáár sien.’ Julle kan reken op wat ek vir julle sê.” |
| Afrikaans 1933/1953 | en gaan haastig, sê vir sy dissipels: Hy het opgestaan uit die dode en gaan voor julle uit na Galil,a. Daar sal julle Hom sien. Kyk, ek het julle dit gesê. |
| Afrikaans 1983 | Gaan gou en sê vir sy dissipels: ‘Hy is uit die dood opgewek, en Hy gaan julle vooruit na Galilea toe. Daar sal julle Hom sien.’ Dit is wat ek vir julle moes sê.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en haas julle en gaan sê vir sy dissipels, ‘Hy is opgewek uit die dood! Kyk, Hy gaan voor julle uit na Galilea – daar sal julle Hom sien. Dit het ek vir julle gesê.’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Gaan gou en sê vir sy dissipels Hy lewe weer. Dit is wat sal gebeur: Jesus gaan voor julle na Galilea, en julle moet ook gaan. Julle sal Hom daar sien. Dit is wat ek vir julle moes kom sê.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As julle klaar gekyk het, maak so gou as wat julle kan en gaan vertel vir sy dissipels dat Hy uit die dood opgewek is. Sê vir hulle Hy is op pad Galilea toe. Julle almal moet Hom daar gaan kry. Dit is my boodskap aan julle.” |