Matthew 28:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En kyk, daar was 'n groot aardbewing, want die engel van die Here het uit die hemel neergedaal en gekom en die klip van die deur af weggerol en daarop gaan sit. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Skielik was daar ’n geweldige aardbewing omdat daar ’n engel van die hemel af gekom, die klip voor die graf weggerol en daarop gaan sit het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En daar kom 'n groot aardbewing, want 'n engel van die Here het uit die hemel neergedaal en gekom en die steen van die opening weggerol en daarop gaan sit. |
| Afrikaans 1983 | Skielik was daar 'n geweldige aardbewing. 'n Engel van die Here het van die hemel af gekom, na die graf toe gegaan, die klip weggerol en daarop gaan sit. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Skielik was daar 'n groot aardbewing, want 'n engel van die Here het uit die hemel neergedaal, nader gegaan, die steen weggerol en daarop gaan sit. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Skielik was daar 'n groot aardbewing, want 'n engel van die Here het afgekom uit die hemel. Hy het na die graf gegaan, die klip weggerol en op die klip gaan sit. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle was net by die graf toe die aarde skielik begin bewe. Verskrik kyk hulle op en sien ’n engel van die Here uit die hemel na hulle toe kom. Hy rol toe die groot klip voor die graf weg en gaan sit daarop. |