Matthew 28:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hulle het toe die geld geneem en gedoen soos hulle geleer is; en hierdie woord is algemeen bekend onder die Jode tot vandag toe. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die wagte het toe die geld gevat en gedoen soos aan hulle voorgesê is. Hierdie storie is toe onder die Jode versprei en word oorvertel tot vandag toe. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hulle het toe die geld geneem en gedoen soos hulle geleer was. En hierdie verhaal is versprei onder die Jode, tot vandag toe. |
| Afrikaans 1983 | Die wagte het toe die geld gevat en gemaak soos hulle voorgesê is. Hierdie storie word tot vandag toe onder die Jode vertel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het die geld toe geneem en gemaak soos hulle voorgesê is. Hierdie storie word tot vandag toe onder die Jode versprei. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die soldate het toe die geld gevat en hulle het gedoen wat die Joodse leiers vir hulle gesê het. Die Jode vertel tot vandag toe nog hierdie storie wat die soldate oral vertel het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die soldate het die omkoopgeld gretig gevat. Hulle het die storie wat die Joodse leiers versin het oral gaan rondvertel. Die Jode glo die storie tot vandag toe nog. |