Matthew 28:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En as dit tot die goewerneur se ore kom, sal ons hom oorreed en jou beveilig.
Afrikaans (NLV) 2011 As die goewerneur hiervan hoor, sal ons hom gerusstel. Ons sal sorg dat julle julle nie hoef te kwel nie.”
Afrikaans 1933/1953 En as dit by die goewerneur gehoor word, sal ons hom tevrede stel en maak dat julle sonder sorg is.
Afrikaans 1983 En as die goewerneur daarvan hoor, sal ons hom tevrede stel en sorg dat julle nie bekommerd hoef te wees nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En as die prokurator daarvan te hore kom, sal ons hom gerusstel en sorg dat julle nie in die moeilikheid beland nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) As die goewerneur dit hoor, dan sal ons vir hom sê julle is onskuldig. Julle moenie bekommerd wees nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As die goewerneur vra waarom julle aan diens geslaap het, sal ons wel ’n storie uitdink wat sal keer dat iets met julle gebeur.”