Matthew 28:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe hulle saam met die ouderlinge vergader het en raad gehou het, het hulle groot geld aan die soldate gegee,
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het toe saam met die familiehoofde beraadslaag.
Afrikaans 1933/1953 En nadat hulle saam met die ouderlinge vergader en raad gehou het, het hulle die soldate baie geld gegee
Afrikaans 1983 Die priesterhoofde het saam met die familiehoofde vergader en die volgende plan gemaak. Hulle het vir die soldate 'n groot som geld gegee
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die leierpriesters het toe met die familiehoofde bymekaargekom, en 'n besluit geneem om 'n groot som geld aan die soldate te gee,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die priesterleiers en die familieleiers het toe bymekaargekom en hulle het planne gemaak. Hulle het baie geld vir die soldate gegee
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Joodse leiers het dadelik weer ’n noodvergadering belê. Hulle het ooreengekom om wat gebeur het stil te probeer hou. Maar hulle moes by die soldate verbykom en bied toe vir hulle ’n aardige bedrag aan.