Matthew 27:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe is vervul wat gespreek is deur die profeet Jeremy, toe hy gesê het: En hulle het die dertig silwerstukke geneem, die prys van hom wat gewaardeer is, wat hulle van die kinders van Israel gewaardeer het;
Afrikaans (NLV) 2011 Daarmee het die woord van die profeet Jeremia in vervulling gegaan: “Hulle het die 30 silwer geldstukke geneem — die prys waarteen hy deur die volk Israel gewaardeer is —
Afrikaans 1933/1953 Toe is vervul wat gespreek is deur Jeremia, die profeet, toe hy gesê het: En hulle het die dertig silwerstukke geneem, die prys van die gewaardeerde wat hulle gewaardeer het vanweë die kinders van Israel;
Afrikaans 1983 Toe is die woord vervul wat die Here deur die profeet Jeremia gesê het: “En hulle het die dertig silwermuntstukke geneem, dit is die prys wat die Israeliete ooreengekom het om vir hom te betaal,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe is die uitspraak van die profeet Jeremia vervul: “Hulle het die dertig silwerstukke, die prys waarteen Hy deur die kinders van Israel gewaardeer is, geneem
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) So het gebeur wat die profeet Jeremia gesê het: “ Hulle het die 30 silwer geldstukke geneem, dit is hoeveel die Israeliete besluit het ek moet kry.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit was net soos die profeet Jeremia lank terug gesê het: “En hulle het die 30 stukke silwer gevat, die prys wat die Israeliete op sy kop gesit het,