Matthew 27:60 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het dit in sy eie nuwe graf neergelê wat hy in die rots uitgekap het; en hy het 'n groot klip na die ingang van die graf gerol en weggegaan.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het dit in sy eie, nuwe graf gelê wat hy in die rots laat uitkap het. En nadat hy ’n groot klip voor die ingang gerol het, het hy weggegaan.
Afrikaans 1933/1953 en dit in sy nuwe graf gelê wat hy in die rots uitgekap het; en nadat hy 'n groot steen teen die opening van die graf gerol het, het hy weggegaan.
Afrikaans 1983 en dit daarna neergelê in sy eie nuwe graf wat hy in die rots uitgekap het. Hy het 'n groot klip voor die ingang van die graf gerol en weggegaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en neergelê in die nuwe graf wat hy vir homself in die rots laat uitkap het. Hy het toe 'n groot klip voor die ingang van die graf gerol en weggegaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het Jesus se liggaam in sy eie nuwe graf gesit wat hy in 'n rots laat kap het. Hy het 'n groot klip voor die graf gerol en weggegaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) dit in ’n graf gaan begrawe. Die graf het aan hom behoort. Dit was ’n nuwe graf wat hy self in die rots laat uitkap het. Omdat die graf byna soos ’n grot was, het hy ’n groot rots voor die ingang gerol. Daarna is hy weg.