Matthew 27:58 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy het na Pilatus gegaan en die liggaam van Jesus gesmeek. Toe het Pilatus beveel dat die liggaam gelewer moes word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het Pilatus genader en gevra of hy Jesus se liggaam kon kry. Pilatus het toe ’n bevel uitgereik dat dit aan hom oorhandig moes word. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hy het na Pilatus gegaan en die liggaam van Jesus gevra. Toe beveel Pilatus dat die liggaam afgegee moes word. |
| Afrikaans 1983 | Hy het na Pilatus toe gegaan en die liggaam van Jesus gevra, en Pilatus het beveel dat dit vir hom gegee moet word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dié man het •Pilatus genader en die liggaam van Jesus gevra. Toe het Pilatus beveel dat dit gegee word. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Josef het na Pilatus toe gegaan en hy het gevra of hy Jesus se liggaam kan kry. Toe het Pilatus gesê die soldate moet Jesus se liggaam vir Josef gee. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het vir Pilatus die liggaam van Jesus gaan vra. Pilatus het beveel dat die liggaam vir hom gegee moes word. |