Matthew 27:55 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En baie vroue was daar wat ver aanskou het wat Jesus van Galilea gevolg het en Hom bedien het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Baie vroue wat Jesus van Galilea af gevolg en vir Hom gesorg het, het alles op ’n afstand dopgehou. |
| Afrikaans 1933/1953 | En daar was baie vroue wat dit van ver af aanskou het, wat vir Jesus van Galil,a af gevolg en Hom gedien het. |
| Afrikaans 1983 | Daar was ook baie vroue wat op 'n afstand gestaan en kyk het. Dit is hulle wat vir Jesus van Galilea af gevolg en vir Hom gesorg het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daar was baie vroue teenwoordig wat van ver af toegekyk het. Dit was vroue wat Jesus van Galilea af gevolg en Hom gedien het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daar was baie vroue wat 'n bietjie verder gestaan en kyk het. Hulle het van Galilea saam met Jesus gekom om vir Hom te sorg. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Heelwat vroue het op ’n afstand gestaan en kyk. Hulle het Hom van Galilea af gevolg en vir Hom gesorg. |