Matthew 27:54 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe die hoofman oor honderd en die wat saam met hom was en Jesus dopgehou het, die aardbewing sien en die dinge wat gebeur het, het hulle baie gevrees en gesê: Waarlik, Hy was die Seun van God. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Romeinse offisier oor honderd en die ander soldate wat Jesus bewaak het, het baie beangs geword toe hulle die aardbewing en die ander gebeurtenisse sien, en hulle het gesê: “Hierdie man was werklikwaar die Seun van God!” |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe die hoofman oor honderd en die wat saam met hom Jesus bewaak het, die aardbewing sien en die dinge wat daar gebeur, het hulle baie bevrees geword en gesê: Waarlik, Hy was die Seun van God. |
| Afrikaans 1983 | Toe die offisier en die soldate wat saam met hom vir Jesus bewaak het, die aardbewing sien en die dinge wat gebeur, het hulle baie bang geword en gesê: “Hierdie man was werklik die Seun van God.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe die centurio en dié wat Jesus saam met hom bewaak het, die skudding en die dinge wat gebeur, sien, was hulle vreesbevange en het gesê: “Hy was werklik •Seun van God.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die offisier en die soldate wat saam met hom vir Jesus opgepas het, het die aardbewing gesien en alles wat gebeur het. Hulle was toe baie bang en hulle het gesê: “Hierdie man was regtig die Seun van God!” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die offisier en die ander soldate wat daar by die kruis diens gedoen het, het hierdie aardbewing en al die ander dinge wat gebeur het, staan en bekyk. Dit het hulle baie bang gemaak. “Hy was sowaar die Seun van God,” het hulle gestamel. |