Matthew 27:38 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe is daar twee diewe saam met Hom gekruisig, een aan die regterkant en een aan die linkerkant. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarop het hulle saam met Jesus ook twee kriminele gekruisig, een aan elke kant. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe word daar saam met Hom twee rowers gekruisig, een aan die regter-- en een aan die linkerkant. |
| Afrikaans 1983 | Saam met Hom het hulle ook twee rowers gekruisig, een regs en die ander een links van Hom. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe is twee rowers saam met Hom gekruisig, een aan sy regterhand en een aan sy linkerhand. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die soldate het twee mense saam met Jesus gekruisig, een regs langs Hom, en die ander een links langs Hom. Hulle was mense wat teen die regering geveg het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Twee terroriste is ook saam met Hom gekruisig, een aan elke kant van Hom. |