Matthew 27:35 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het Hom gekruisig en sy klere verdeel deur die lot te werp, sodat vervul sou word wat deur die profeet gespreek is: Hulle het my klere onder mekaar verdeel, en oor my gewaad het hulle die lot gewerp.
Afrikaans (NLV) 2011 Nadat hulle Jesus gekruisig het, het die soldate sy klere verdeel deur die gooi van dobbelsteentjies.
Afrikaans 1933/1953 En nadat hulle Hom gekruisig het, het hulle sy klere verdeel deur die lot te werp, sodat vervul sou word wat deur die profeet gespreek is: Hulle het my klere onder mekaar verdeel en oor my gewaad die lot gewerp.
Afrikaans 1983 Hulle het Hom gekruisig en sy klere verdeel deur te loot.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Nadat hulle Hom gekruisig het, het hulle sy boklere verdeel deur daaroor te loot.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die soldate het vir Jesus gekruisig en elke soldaat het van Jesus se klere gevat. Hulle het lootjies getrek om te besluit watter klere elkeen moet kry.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het Jesus toe daar gekruisig. Die soldate het Jesus se klere onder mekaar verdeel deur lootjies te trek.