Matthew 27:32 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe hulle uitkom, kry hulle 'n man van Cirene met die naam van Simon; hom het hulle gedwing om sy kruis te dra. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Op pad kom hulle ’n man met die naam Simon teë. Hy was van Sirene afkomstig. Hulle het hom opgekommandeer om Jesus se kruis te dra. |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe hulle uitgaan, kry hulle 'n man van Cir,ne, met die naam van Simon; hom het hulle gedwing om sy kruis te dra. |
| Afrikaans 1983 | Toe hulle uitgaan, kry hulle 'n man van Sirene met die naam Simon, en hulle het hom gekommandeer om Jesus se kruis te dra. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Op pad na buite het hulle 'n man van Sirene met die naam Simon teëgekom. Hulle het hierdie man gedwing om Jesus se kruis te dra. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe hulle uit Jerusalem uitgaan, het hulle 'n man van die stad Sirene gesien. Sy naam was Simon. Die soldate het vir Simon gesê hy moet Jesus se kruis dra. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Op pad kry hulle vir Simon. Hy het uit Sirene in Afrika gekom. Voor hy hom kom kry, moes hy Jesus se kruis verder dra. |