Matthew 27:29 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe hulle 'n doringkroon gevleg het, het hulle dit op sy hoof gesit en 'n riet in sy regterhand; en hulle het die knie voor hom gebuig en met Hom gespot en gesê: Wees gegroet, Koning van die Jode!
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het ook ’n krans van dorings gevleg en dit op sy kop gesit, en ’n rietsepter in sy regterhand. Toe maak hulle kniebuigings voor Hom en roep spottend: “Ons groet u, o Koning van die Jode!”
Afrikaans 1933/1953 en hulle vleg 'n kroon van dorings en sit dit op sy hoof, en 'n riet in sy regterhand; en hulle val op hul knieë voor Hom en bespot Hom en sê: Wees gegroet, Koning van die Jode!
Afrikaans 1983 Hulle vleg 'n doringkroon en sit dit op sy kop en gee Hom 'n stok in sy regterhand. Toe bespot hulle Hom deur voor Hom te buig en te sê: “Ons groet u, Koning van die Jode!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Nadat hulle 'n kroon van doringtakkies gevleg het, het hulle dit op sy kop gesit, en 'n riet in sy regterhand. Hulle het voor Hom gekniel en met Hom die spot gedryf: “Gegroet, koning van die Jode!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het 'n kroon van doringtakke gevleg en hulle het dit op sy kop gesit. Hulle het 'n dik riet in sy regter-hand gesit. Die soldate het voor Hom gekniel en Hom gespot en gesê: “Ons groet jou, Koning van die Jode!”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle vleg ook ’n kroon van doringtakkies en druk dit op sy kop. In sy regterhand stop hulle ’n stok. Dit was kamma sy septer. Toe begin hulle met Hom gekskeer. Hulle buig voor Hom en sê spottend: “Goeiedag, U Edele, o koning van die Jode!”