Matthew 27:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die goewerneur het geantwoord en vir hulle gesê: Wie van die twee wil julle moet ek vir julle loslaat? Hulle het gesê: Barabbas. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe die goewerneur dus weer vir hulle vra: “Wie van hierdie twee moet ek vir julle vrylaat?” het hulle geskree: “Barabbas!” |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe antwoord die goewerneur en sê vir hulle: Wie van die twee wil julle hê moet ek vir julle loslaat? En hulle antwoord: Bar bbas! |
| Afrikaans 1983 | Die goewerneur vra hulle toe: “Watter een van die twee wil julle hê moet ek vir julle loslaat?” “Barabbas!” antwoord hulle. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die prokurator het hulle weer gevra: “Wie van die twee wil julle hê moet ek vir julle vrylaat?” Hulle het geroep: “Barabbas!” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die goewerneur vra toe weer vir die mense: “Wie van die twee mense wil julle hê moet ek vir julle uit die tronk laat kom?” En hulle het geantwoord: “Barabbas!” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Pilatus vra hulle: “Wie wil julle hê moet ek vir julle loslaat?” “Barabbas!” skreeu hulle. |