Matthew 27:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar die owerpriesters en die ouderlinge het die skare oortuig dat hulle vir Barabbas moes vra en Jesus moes vernietig. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Intussen het die priesterhoofde en die familiehoofde die skare oorreed om te vra dat Barabbas vrygelaat moet word en dat Jesus die doodstraf kry. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar die owerpriesters en die ouderlinge het die skare oorgehaal dat hulle Bar bbas moes begeer en Jesus ombring. |
| Afrikaans 1983 | Intussen het die priesterhoofde en die familiehoofde die mense oorgehaal om vir Barabbas vrylating te vra en vir Jesus die dood. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die leierpriesters en die familiehoofde het die skare egter oorreed dat hulle op Barabbas moes aandring, en dat hulle Jesus moes laat doodmaak. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die priesterleiers en die familieleiers het aangehou om vir die mense te sê hulle moet vra dat Pilatus vir Barabbas uit die tronk moet laat uitkom, en vir Jesus moet laat doodmaak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Joodse leiers het intussen die mense omgepraat om te vra dat Barabbas losgelaat en Jesus doodgemaak moes word. |