Matthew 27:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe hy op die regterstoel gaan sit het, het sy vrou na hom gestuur om te sê: Het jy niks met daardie regverdige man te doen nie, want ek het vandag baie gely in 'n droom ter wille van hom.
Afrikaans (NLV) 2011 Terwyl Pilatus daar op die regbank sit, laat sy vrou hom weet: “Los daardie onskuldige man uit. Ek het laas nag ’n aaklige nagmerrie oor hom gehad.”
Afrikaans 1933/1953 En terwyl hy op die regbank sit, het sy vrou na hom gestuur en gesê: Moet tog niks te doen hê met die regverdige man nie, want ek het vandag in 'n droom baie gely om sy ontwil.
Afrikaans 1983 Terwyl Pilatus op die regbank sit, het sy vrou vir hom 'n boodskap gestuur: “Moet tog niks met daardie onskuldige man te doen hê nie, want ek het vannag 'n vreeslike droom oor hom gehad.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Terwyl hy op die regbank sit, het sy vrou 'n boodskap na hom gestuur: “Jy moet niks te doen hê met daardie •regverdige man nie, want ek het vannag in 'n droom baie oor hom verduur.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die goewerneur het op die regterstoel gaan sit. Toe het sy vrou vir hom 'n boodskap gestuur en gesê: “Jy moet niks aan daardie onskuldige man doen nie, want ek het in die nag baie swaar gekry, ek het van hom gedroom.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Terwyl die hofsaak aan die gang was, het Pilatus se vrou hom laat weet: “Ek het vannag die verskriklikste nagmerrie oor daardie man gehad. Hy is onskuldig. Los hom!”