Matthew 27:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want hy het geweet dat hulle hom uit afguns verlos het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het goed besef dat die Joodse leiers Jesus uit naywer aan hom uitgelewer het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want hy het geweet dat hulle Hom uit nydigheid oorgelewer het. |
| Afrikaans 1983 | Hy het geweet dat die priesterhoofde Hom uit afguns uitgelewer het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Want hy het geweet dat hulle Hom uit naywer oorgelewer het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die goewerneur het geweet die priesterleiers het Jesus na hom toe gebring omdat hulle jaloers was. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Pilatus het diep in homself geweet dat die Joodse leiers net jaloers was op Jesus. Om hierdie gevoel van hom te versterk het iets anders ook nog gebeur. |