Matthew 27:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom, toe hulle bymekaar was, sê Pilatus vir hulle: Wie wil julle hê moet ek vir julle loslaat? Barabbas, of Jesus wat Christus genoem word? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Terwyl die skare gevaarlik begin saamdrom, vra Pilatus hulle: “Wie wil julle hê moet ek vir julle vrylaat: Jesus Barabbas of Jesus, die sogenaamde Messias?” |
| Afrikaans 1933/1953 | Nadat hulle dan byeengekom het, sê Pilatus vir hulle: Wie wil julle hê moet ek vir julle loslaat: Bar bbas, of Jesus wat genoem word Christus? |
| Afrikaans 1983 | Aangesien die mense tog bymekaar was, het Pilatus hulle gevra: “Wie wil julle hê moet ek vir julle loslaat: Jesus Barabbas of Jesus wat Christus genoem word?” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe die skare byeen was, het •Pilatus vir hulle gevra: “Wie wil julle hê moet ek vir julle vrylaat, Jesus Barabbas of Jesus wat as Christus bekend staan?” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daar was 'n groot klomp mense daar bymekaar. Pilatus het vir hulle gevra: “Wie wil julle hê moet ek vir julle uit die tronk laat kom: Jesus Barabbas of Jesus vir wie die mense Christus noem?” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Pilatus sê vir die mense: “Ek gee julle die keuse. Wie wil julle hê moet ek loslaat, Jesus Barabbas of Jesus, die een wat Christus genoem word?” |