Matthew 27:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En op daardie fees was die goewerneur gewoond om 'n gevangene vir die volk vry te laat, wie hulle wou. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit was gebruiklik dat die goewerneur tydens elke Paasfees een gevangene vir die skare vrylaat. Hulle kon self kies wie dit moes wees. |
| Afrikaans 1933/1953 | En op die fees was die goewerneur gewoond om een gevangene, die een wat hulle wou hê, vir die skare los te laat. |
| Afrikaans 1983 | Die goewerneur het die gewoonte gehad om elke paasfees vir die mense een gevangene van hulle eie keuse los te laat. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | By elke fees het die prokurator die gebruik gehad om vir die skare een gevangene van hulle eie keuse vry te laat. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Elke jaar wanneer die Jode Paasfees vier, het die goewerneur een gevangene uit die tronk laat uitkom. Die mense het gekies watter gevangene dit moet wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die goewerneur het gewoonlik met die fees ’n gevangene vir die mense losgelaat. Hulle kon self kies wie. |