Matthew 27:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Jesus het voor die goewerneur gestaan, en die goewerneur het hom gevra en gesê: Is U die Koning van die Jode? En Jesus sê vir hom: Jy sê. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jesus het voor Pilatus, die Romeinse goewerneur, verskyn. Die goewerneur het Hom gevra: “Is jy die Koning van die Jode?” Jesus antwoord: “Dit is soos u sê.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En Jesus het voor die goewerneur gestaan, en die goewerneur het Hom die vraag gestel en gesê: Is U die Koning van die Jode? En Jesus antwoord hom: U sê dit. |
| Afrikaans 1983 | Jesus is voor die goewerneur gebring en dié vra Hom: “Is jy die koning van die Jode?” Jesus antwoord: “Dit is soos u sê.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jesus het voor die prokurator verskyn, en die prokurator het Hom ondervra: “Is u die koning van die Jode? ” Jesus sê toe: “U sê dit.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jesus het voor die goewerneur Pilatus gestaan. Die goewerneur het vir Jesus gevra: “Is jy die koning van die Jode?” Jesus het vir hom gesê: “Jy sê self Ek is.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jesus het daarna voor die goewerneur verskyn. “Is jy die koning van die Jode?” vra die goewerneur. “Ja, u sê dit self,” antwoord Jesus. |