Matthew 27:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe dit môre word, het al die owerpriesters en ouderlinge van die volk raad teen Jesus gehou om Hom dood te maak. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Baie vroeg daardie oggend het al die priesterhoofde en die familiehoofde saam teen Jesus beraadslaag oor hoe hulle moes optree om sy dood te bewerk. |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe dit dag geword het, het al die owerpriesters en die ouderlinge van die volk saam raad gehou teen Jesus om Hom dood te maak. |
| Afrikaans 1983 | Die môre vroeg het al die priesterhoofde en die familiehoofde van die volk die besluit geneem om Jesus dood te maak. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Teen dagbreek het al die leierpriesters en die familiehoofde van die volk teen Jesus 'n besluit geneem om Hom dood te maak. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Vroeg die volgende oggend het al die priesterleiers en die familieleiers van die volk planne gemaak teen Jesus om Hom dood te maak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Met sonsopkoms het die Joodse leiers hulle besluit beklink: Jesus moes doodgemaak word. |