Matthew 26:71 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe hy uitgaan na die voorportaal, sien 'n ander diensmeisie hom en sê vir die wat daar was: Hierdie man was ook saam met Jesus van Nasaret. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Later, toe hy op pad was na die uitgang, sien ’n ander diensmeisie hom raak en sê vir die omstanders: “Hierdie man was ook saam met Jesus van Nasaret.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En terwyl hy uitgaan na die poort toe, sien 'n ander diensmeisie hom en sê aan die wat daar was: Hierdie een was ook by Jesus, die Nasar,ner. |
| Afrikaans 1983 | Hy gaan toe na die uitgang van die binnehof. Daar sien 'n ander diensmeisie hom en sê vir dié wat daar staan: “Hierdie man was saam met Jesus van Nasaret.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En 'n ander diensmeisie het hom na die poort sien loop, en sê toe vir die mense daar: “Hierdie man was saam met Jesus die Nasarener.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Petrus het toe uitgegaan na die poort. 'n Ander meisie het vir Petrus gesien en sy het vir die mense wat daar gestaan het, gesê: “Hierdie man was saam met Jesus van Nasaret.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy staan op en stap deur se kant toe. Voor hy by die deur uit is, loop hy in ’n ander vrou vas. “Julle is reg! Hierdie man is een van Jesus van Nasaret se vriende.” |