Matthew 26:57 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die wat Jesus gegryp het, het Hom weggelei na Kajafas, die hoëpriester, waar die skrifgeleerdes en die ouderlinge vergader het.
Afrikaans (NLV) 2011 Die groep wat Jesus gearresteer het, het Hom toe na die woning van Kajafas, die hoofpriester, gebring waar die skrifkenners en die familiehoofde bymekaar was.
Afrikaans 1933/1953 En die wat Jesus gevange geneem het, het Hom weggelei na K jafas, die hoëpriester, waar die skrifgeleerdes en die ouderlinge vergader het.
Afrikaans 1983 Die mense wat vir Jesus gevange geneem het, het Hom weggelei na Kajafas, die hoëpriester, waar die skrifgeleerdes en die familiehoofde bymekaargekom het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die mense wat Jesus gevange geneem het, het Hom weggelei na Kajafas, die hoëpriester, waar die skrifkenners en die familiehoofde vergader het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mense wat vir Jesus gevang het, het Hom weggevat na Kajafas toe. Kajafas was die hoëpriester. Die skrifgeleerdes en die familieleiers het daar bymekaargekom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het Jesus daarna na die hoëpriester, Kajafas, toe gevat. Al die Joodse leiers het klaar daar gesit en wag.