Matthew 26:51 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En kyk, een van die wat saam met Jesus was, het sy hand uitgesteek en sy swaard getrek en 'n dienskneg van die hoëpriester geslaan en sy oor afgeslaan.
Afrikaans (NLV) 2011 Skielik het een van Jesus se mense sy swaard uitgepluk, die slaaf van die hoofpriester getref, en sy oor afgekap.
Afrikaans 1933/1953 En een van die wat saam met Jesus was, het meteens sy hand uitgesteek en sy swaard getrek; en hy het die dienskneg van die hoëpriester geslaan en sy oor afgekap.
Afrikaans 1983 Een van dié wat saam met Jesus was, gryp toe sy swaard en trek dit uit. Hy slaan na die slaaf van die hoëpriester en kap sy oor af.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En skielik het een van dié saam met Jesus na sy swaard gegryp en dit uitgetrek. Hy het die slaaf van die hoëpriester getref en sy oor afgekap.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Een van die mense wat by Jesus gestaan het, het sy swaard gegryp en hy het dit uitgetrek. Hy het die slaaf van die hoëpriester se oor met die swaard afgekap.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Een van Jesus se vriende pluk toe sy swaard uit. Net daar kap hy ’n veiligheidsman wat vir die hoëpriester gewerk het, se oor morsaf.