Matthew 26:43 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het gekom en hulle weer aan die slaap gevind, want hulle oë was swaar.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het toe teruggegaan en kry hulle weer aan die slaap. Hulle was so vaak dat hulle oë eenvoudig nie wou oopbly nie.
Afrikaans 1933/1953 Toe kom Hy en vind hulle weer aan die slaap, want hulle oë was swaar.
Afrikaans 1983 Toe Hy terugkom, kry Hy hulle weer aan die slaap, want van die vaak kon hulle nie hulle oë oophou nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe Hy terugkom, vind Hy hulle weer aan die slaap, want hulle oë was swaar van die slaap.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe Jesus terugkom, het Hy weer gesien die drie dissipels slaap, hulle kon nie wakker bly nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Weer kry Jesus die drie vas aan die slaap. Hulle kon eenvoudig nie hulle oë oophou nie.