Matthew 26:32 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar nadat Ek opgestaan het, sal Ek voor julle uitgaan na Galilea.
Afrikaans (NLV) 2011 “Maar nadat Ek uit die dood opgewek is, sal Ek vooruit na Galilea toe gaan en daar vir julle wag.”
Afrikaans 1933/1953 Maar nadat Ek opgestaan het, sal Ek voor julle uit na Galil,a gaan.
Afrikaans 1983 “Maar nadat Ek uit die dood opgewek is, sal Ek julle vooruitgaan na Galilea toe.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Maar nadat Ek opgewek is, sal Ek voor julle uit gaan na Galilea.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Maar God sal My weer laat lewe, en dan sal Ek voor julle na Galilea gaan.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Maar Ek sal uit die dood opgewek word. Dan sal Ek Galilea toe gaan. Julle sal agter My aankom.”