Matthew 26:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want dit is my bloed van die nuwe testament, wat vir baie uitgestort word tot vergewing van sondes.
Afrikaans (NLV) 2011 want dit is my bloed wat die verbond tussen God en sy volk verseël. Dit word vir baie vergiet sodat hulle sondes vergewe kan word.
Afrikaans 1933/1953 Want dit is my bloed, die bloed van die nuwe testament, wat vir baie uitgestort word tot vergifnis van sondes.
Afrikaans 1983 want dit is my bloed, die bloed waardeur die verbond beseël word en wat vir baie vergiet word tot vergewing van sondes.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) want dit is my bloed, die bloed van die verbond wat vir baie uitgegiet word tot vergewing van sondes.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die wyn in hierdie beker is my bloed. My bloed is die bloed van die verbond. My bloed sal vir baie mense vloei sodat God hulle sondes kan vergewe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit is my bloed wat gaan vloei. Dit beteken dat baie mense se sondes as gevolg daarvan vergewe sal word. Maar dit beteken ook dat baie mense in ’n nuwe verhouding tot God sal kan staan.