Matthew 26:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Julle weet dat na twee dae die fees van die pasga is, en die Seun van die mens word oorgelewer om gekruisig te word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Julle weet dat dit oor twee dae Paasfees is. Dan sal Ek, die Seun van die Mens, oorgegee word om gekruisig te word.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Julle weet dat oor twee dae die pasga kom, dan word die Seun van die mens oorgelewer om gekruisig te word. |
| Afrikaans 1983 | “Julle weet dat dit oor twee dae paasfees is. Dan word die Seun van die mens oorgelewer om gekruisig te word.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Julle is bewus daarvan dat die Pasga oor twee dae plaasvind, en dat die •Seun van die Mens oorgelewer gaan word om gekruisig te word. ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Julle weet dit is oor twee dae Paasfees. God gee My, die Seun van die mens, vir die mense sodat hulle My kan kruisig.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Julle weet natuurlik dat dit oor twee dae paasfees is. Dit gaan ’n paasfees wees om te onthou, want Ek gaan verraai en gekruisig word.” |